Monday, June 7, 2010

Monday... Monday.....

Aan almal wat hierdie Maandag 'n bietjie blou voel.....  Kom kuier by ons.  Hier is 6 dames wat hier saam met ons scrap vandag.  Die gelag weergalm elke nou en dan hier deur die winkel...  Tot so 'n mate dat die ander kopers in die winkel sommer gaan stilstaan in hulle spore.


Dit is verbasend hoe aansteeklik 'n lekker atmosfeer is - almal wat dieet, die eet dat dit klap vandag.  Die bladsye wat gescrap word is helder en vol blomme, frille en kant.  Lekker "girlie" pages.  Ons plaas weer so paar fotos om almal se monde te laat water.  Kyk hoe geniet almal hulle self -  Jimmy Irwin se 'Holy Moly'...  laat almal uitbars van die lag.     Nog 'n baie lekker dag is nou amper verby.


Ons sal van volgende week af begin bladsye insit en 'n bietjie verduidelik wat ons gedoen het.

2 comments:

  1. The shop is looking Awesome Well Done to Annette and Team. Cant wait to come and see it.

    ReplyDelete
  2. Hiya
    Julle nuwe plek lyk baie intersant en groter as die vorige een. Baie geluk en alles van die beste. Liefies, Rena Naylor, Northampton England

    ReplyDelete